Events
Past
Jun 2026
JACKIE & RIKU LÄTTI
Live by the Cottage Club
📅 Vrydag 26 Junie 2026
🕖 Deure open 18:30 | Vertoning 19:30
📍 Cottage Club, Fish Hoek
🎟 Bespreek by Bill Knight
📞 082 393 2568
"Liedjies, stories en die soort aand wat nog lank by jou bly."

Apr 2026
’N DAG VAN ALTERNATIEWE AFRIKAANSE MUSIEK BY DIE HANGKLIP HOTEL
Maak gereed vir ’n onvergeetlike dag waar stories, kitare en ritmes bymekaarkom teen die pragtige kus van die Overberg. Die Hangklip Hotel se verhoog word vir een dag oorgeneem deur van die mees unieke stemme in alternatiewe Afrikaanse musiek.
Bacchus Nel bring sy rou, eerlike folk na die verhoog – liedjies wat sny tot by die been en stories wat lank ná die laaste noot nog saam met jou huis toe ry.
Churchil Naudé, wat deur Koos Kombuis beskryf word as “my gunsteling-rap-ster”, bring Kaapse energie en skerp lirieke. Hy bewys dat Afrikaanse rap nie Amerika hoef na te boots nie – ons eie taal en styl is meer as genoeg om die skare aan die beweeg te kry.
Akkedis is die mos die lekkerste dis! Arthur en Rudi, die Helderberg se legendariese tweeling, is al jare sinoniem met Afrikaanse rock. Met AJ Graham op bas gaan die verhoog behoorlik skud – dis rock soos dit bedoel is: hard, eerlik en vol energie.
Jackie & Riku Lätti van Die Wasgoedlyn bring die gees van ’n hele beweging saam met hulle. Riku is bekend vir liedjies soos Hoofstroom, Op die Maan en Smoorverlief, en het saam met Die Wasgoedlyn dosyne albums opgeneem. Die Wasgoedlyn het oor jare ’n platform geword vir alternatiewe Afrikaanse musiek en verbind kunstenaars oor generasies – van legends tot nuwe stemme.
Kom beleef ’n aand van stories, rock, rap en folk – alles in Afrikaans See less
Pringle Bay, Western Cape

Apr 2026
Bacchus Nel is een van die mees unieke en geliefde stemme in Afrikaanse alternatiewe musiek. Met liedjies wat oor jare heen hul pad na kroeë, feeste en klein verhoogruimtes regoor die land gevind het, het hy ’n kultus-aanhang opgebou onder luisteraars wat eerlike, storiegedrewe liedjies waardeer. Sy musiek is poëties en deurspek met die soort donker humor en lewenswysheid wat net uit geleefde ervaring kan kom.
Riku Lätti is ’n bekroonde musikant, liedjieskrywer en vervaardiger wat al vir meer as twee dekades ’n belangrike rol speel in Afrikaanse onafhanklike musiek. Met ’n uitgebreide katalogus van eie albums, sowel as sy werk as vervaardiger vir ander kunstenaars, het hy ’n reputasie opgebou as een van die mees kreatiewe en veelsydige figure in die plaaslike musiekbedryf. Hy het onder andere Bacchus Nel se albums Tussen Junk & Jewelry en Twee Ster Hotel vervaardig.
Jackie Lätti is ’n Afrikaanse skrywer, stemkunstenaar en sangeres wat oor jare heen ’n unieke plek in die alternatiewe Afrikaanse musiek- en kultuurlandskap verwerf het. As stigterslid en stem van die invloedryke groep Die Wasgoedlynhet sy haar gevestig as ’n kunstenaar wat die alledaagse met poëtiese fynheid en eerlike menslikheid kan vasvang. Haar werk beweeg gemaklik tussen musiek en literatuur – twee wêrelde wat in haar hande ineenvleg tot ’n intieme, introspektiewe kunsuitdrukking.
Wanneer Bacchus, Riku en Jackie saam op die verhoog verskyn, ontstaan daar ’n besondere musikale dinamiek tussen drie kunstenaars wat mekaar se werk en stories goed ken. Die vertoning beweeg natuurlik tussen liedjies, vertellings en spontane oomblikke, en skep ’n intieme atmosfeer wat gehore laat voel asof hulle deel is van die gesprek op die verhoog.
Hierdie spesiale Weskus-optrede bied ’n seldsame kans om drie gevestigde stemme uit die Suid-Afrikaanse musieklandskap saam te beleef in ’n ontspanne en persoonlike vertoning.

Feb 2026
In celebration of Martin's love for Udine

Jan 2026
Musiek van die Legendariese Stef Kruger! Met Blackie Swart, Jannie Moolman, Riku Lätti en Jackie Lätti, Schalk Maas, Petronel Baard en Stef Kruger.
Spesiale gasvrou: Lidi de Waal.
Saterdag 31 Jan. 2026 18:30
Kaartjies vanaf R200 p.p.
Old Tannery Wellington
Restaurant & Kroeg Fasiliteite beskikbaar, maar bring asb jou opvoustoel vir in geval en jy is welkom om jou eie piekniekmandjie te bring!
Hierdie is wat Lidi sê daar is:
Pizzas en Kroeg net oorkant
Tjoklits by Phillip se nuwe Tjoklitfabriek
net langsaan
Gin by die mooiste Ginplek
BESPREKINGS deur Quicket of deur EFT by Petronel Baard. WhatsApp haar by 082 737 8416.
Kuns en boeke en musiek te koop!
Kom kuier saam in die koel somerskemer!
